Share This Post

I’mPossible – Die video waarvan almal praat

I’mPossible – Die video waarvan almal praat

Ons doen baie keer fondsinsamelings vir ons skole, en verwag dan baie keer vir leerders om lootjies te verkoop of borge te kry. Maar die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad het die krag van sosiale media gebruik om nie net mense in Suid-Afrika bewus te maak van hul projek nie, maar ook om inklusiewe onderwys te promoveer.

Die I’mPossible-trust wil graag geld insamel sodat die skool fasiliteerders kan aanstel vir fisies gestremde leerders by die skool. Dis tog die beste vir leerders om in ‘n hoofstroom skool te wees, waar hulle 100% deel kan vorm van alle skoolaktiwiteite.

Die projek is deur ‘n leerder geïnspireer wat ten spyte van sy gestremdheid ten volle betrokke geraak het in die skool.

Skole kan ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Watter gemeenskapsaksies het julle en hoe samel julle geld in? Deel met ons!

Onlangse Inskrywings:

Werkboekies vir die Grondslagfase!

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Ontspan: Kleur in!

Digitale Media in die Afrikaansklas

Vakante Onderwysposte

Moenie moed opgee nie

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.